Verken Namibië met Taleni Africa

Bekostigbare verblyf net buite Okaukuejo

Slegs 2km voor die Andersson ingangshek na Etosha Nasionale Park (naby Okaukuejo) bied Etosha Village 'n gerieflike en bekostigbare toevlug vir diegene wat die besonderse dierreryk van Etosha wil verken.

Die akkommodasie eenhede beskik elk oor 'n stoepie, badkamer met stort en 'n ruim lugversorgde kamer wat ook 'n ekstra slaapbank het wat gratis akkommodasie bied aan 2 kinders onder die ouderdom van 12 jaar wat met 2 volwassenes deel (hulle etes sal wel betaalbaar wees).

Heerlike buffet etes kan by die restaurant geniet word. Ander fasiliteite sluit in 'n oopplan kroeg met 'n televisie en 3 swembaddens.

Aktiwiteite sluit in begeleide staptoere op ons reservaat, skemerkelkieritte, wildbesigtigingsritte na Etosha en sterrekyk sessies.

Gebruik die Promosiekode: DIEBURGER met jou aanlyn bespreking of stuur vir ons 'n epos na: dieburger@taleni-africa.com vir spesiale afslag tariewe tot 31 Desember 2026.

Bespreek Nou!

Kom kamp net buite Etosha

Met die perfekte ligging slegs 6.5km vanaf die Andersson ingang na Etosha Nasional Park, bied Etosha Handelshuis ‘n oasis vir kampeerders! Die individuele kampeerplekke beskik oor privaat badkamer geriewe wat sy eie stort, toilet en wasbak insluit, ‘n afdakkie met opwasgeriewe, kragpunte (ook een langs jou parkering vir jou kampyskas) en braai geriewe.

Spring in die vervrissende swembad op die perseel, hou die nabygeleë watergat dop vir klein wild wat daar besoek aflê en geniet die ongelooflikste sonsondergange oor die vlaktes.

Bespreek kampering by Etosha Handelshuis

Ook net buite Etosha Nasionale Park se Okaukuejo-ingang kan jy uitspan in ‘n pragtige inheemse Mopanie woud by die Etosha Village kampeerterrein. Hier is slegs vier individuele staanplekke wat ook elk sy eie ablusiegeriewe het met ‘n opwasbak, kragpunte en braaigeriewe.

Bespreek kampering by Etosha Village

Binne stapafstand is 'n restaurant, kroeg en swembad.

Sossusvlei verblyf teen spesiale afslag!

In die suide van Namibië by die ingang na die bekende Sossusvlei, Dooie Vlei en Sesriem Canyon is daar 'n paar opsies vir verblyf. Die bekostigbare opsie is om by ons 2 self-sorg fasiliteite te bly - Die eenhede het steeds lugversorrging, maar jy kan self 'n vuurtjie aansteek en die sterrehemel geniet. Vir diegene wat 'n bietjie meer luuksheid verlang, is ons Sossusvlei Lodge ideaal!

Beide die twee selfsorg verblyf opsies, naamlik Desert Camp en Desert Quiver Camp is geleë slegs 5km vanaf die ingangshek na die Namib Naukluft Park. Elke eenheid beskik oor `n badkamer met stort, ekstra slaapbank vir kinders (2 klein kinders onder 12 jaar bly gratis saam met 2 volwassenes), stoep met klein kombuisie en ‘n braaiplek. Desert Camp en Desert Quiver Camp het elk sy eie kroeg area, swembad en boma areas wat ideaal is vir groepe wat saam reis. Vars kosprodukte kan daagliks by ontvangs bestel word of etes kan by Sossusvlei Lodge geneem word.

Bespreek by Desert Quiver Camp         Bespreek by Desert Camp

Vir diegene wat verblyf verkies met 'n tikkie luuksheid, is Sossusvlei Lodge beslis 'n uitstekende opsie. Hierdie eksklusiewe eenhede beskik elk oor `n stoepie, moderne badkamer en `n ruim lugversorgde kamer. Fasiliteite sluit in vervrissende swembad, kroeg, `n dek met ‘n ongelooflike uitsig oor die woestyn vlaktes, biertuin asook `n buitelug restaurant wat gewilde buffet etes bedien. `n Verskydenheid akiwiteite word ook aangebied om die Sossusvlei area te verken.

Bespreek by Sossusvlei Lodge

Gebruik die Promosiekode: DIEBURGER met jou aanlyn bespreking of stuur vir ons 'n epos na: dieburger@taleni-africa.com vir spesiale afslag tariewe tot 31 Desember 2026.

Kampeer op die drumpel van Sossusvlei

Die Sossus Oasis kampeerterrein is gerieflik geleë reg voor die ingangshek na Sossusvlei en Sesriem en bied uitmuntende geriewe in ‘n goed versorgde omgewing.

Die agtien kampeerplekke is in ‘n halfmaan geleë wat privaatheid en asemrowende uitsigte oor die uitgestrekte grasvlaktes bied. Elke kampeerplek het ‘n braai en ‘n onderdak kombuisie met opwas geriewe en kragpunte asook sy eie toilet, wasbak en stort. Elke kampeerplek beskik ook oor 'n unieke dakterras wat die perfekte plek is om onder die sterre te slaap of om net die uitsigte vanuit 'n ander oogpunt te geniet!

Na ‘n opwindende dag in die Namib kan jy ‘n verfrissende duik in die swembad maak en daarna ontspan om die kampvuur en luister hoe die naggeluide jou bekoor!

Binne stapafstand is daar ‘n winkel met ys, hout, koue bier, wegneem etes en heerlike roomys. Buiten die vulstasie is daar ook 'n bande-werkswinkel.

Vir diegene wat nie lus is vir kamp nie is daar ook twee self-sorg oorde naby, naamlik Desert Camp en Desert Quiver Camp.

Bespreek Nou!

Terme & Voorwaardes

Pryse of afslag geldig tot 31 Desember 2026

Pryse sluit enige vervoer kostes en vlugte uit.

'n Aanvullende bedrag is van toepassing wanneer 'n enkel kamer bespreek word of wanneer 'n ekstra kamer(s) benodig word.

Beleid vir kinders van toepassing op etes:
0-4 Jaar – geen koste
5-11 Jaar – 50% van ete pryse
12 Jaar en ouer – vol ete pryse

Hierdie aanbod kan nie gekombineer word met enige ander Taleni Africa aanbiedinge nie.

Ongelukkig is hierdie aanbod is nie terugbetaalbaar.

Hierdie aanbod is onderworpe aan beskikbaarheid.

Geen onskakeling van bestaande besprekings word toegelaat nie.

Aanbod is slegs beskikbaar vir individuele reisigers en nie beskikbaar vir handelsdoeleindes nie.

Betalings vir aanlyn bespreking en epos besprekings kan onmiddelik na bespreking bevestig is geneem word met krediet kaart besonderhede soos verskaf.

Enige ekstra kostes aangegaan by die Lodge met drankies, aktiwiteite, ens is betaalbaar by die Lodge voor u vertrek.

Geniet afslag op verblyf in Sossusvlei en Etosha deur te bespreek met promosie kode: DIEBURGER

Desert Camp, Sossusvlei
Desert Camp, Sossusvlei

Self-sorg op sy beste net 5km vanaf die ingangshek na Sossusvlei! Desert Camp se goed toegeruste eenhede het lugversorging, braaigeriewe, en-suite badkamer met stort en 'n kombuis area.

Daar is ook 'n swembad en kroeg wat ongelooflike uitsigte bied oor die Naukluft berge.

Meer info: www.desertcamp.com

Bespreek Nou
Desert Quiver Camp, Sossusvlei
Desert Quiver Camp, Sossusvlei

Gerieflik geleë slegs 5km vanaf die ingangshek na Sossusvlei bied Desert Quiver Camp unieke self-sorg eenhede toegerus met lugversorging en braaigeriewe.

Fasiliteite sluit in 'n swembad, kroeg en 'n afleweringsdiens waar vars vleis en kosprodukte daagliks bestel kan word.

Meer info: www.desertquivercamp.com

Bespreek Nou
Etosha Village, Okaukuejo
Etosha Village, Okaukuejo

Slegs 2km van die Andersson-ingang na Etosha is Etosha Village die perfekte plek om te ontspan na 'n dag van opwinding in die Park.

Fasiliteite sluit in swembaddens, kroeg, restaurant en Adventure Centre vir aktiwiteite.

Meer info: www.etosha-village.com

Bespreek Nou

Bespreek jou WEGBREEK na Etosha nou!